Donderslag

Wilbur Smith

Publisher: Queillerie

Published: Oct 27, 2015

Description:

Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van 'n lang jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, 'n volgende geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en – bowenal – Ruth Friedman.Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, jonk en... 'n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop, na oomblikke van glorie en oomblikke van verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom.Daar is die plaas wat hy probeer vestig; sy seun Dirk se kommerwekkende swakhede; sy wedywering met sy voormalige swaer en nou Boeregeneraal Jan Paulus le Roux; die komplekse verhouding met sy buite-egtelike seun, Michael; sy broer Garrick wat hom links en regs beduiwel; die weerspannige Ruth; en Storm, die dogter wat in hulle ongeoorloofde passie verwek...