Language: Afrikaans
26’s 27’s 28’s Afrikaans Die verdwaalde land Dwelms Fiction General Hophuisies Patrick Petersen-gedenkprys Ronnie Phillips Suid-Afrikaanse literatuur Witblokke Worcester bruin skrywer flatse plakkerskamp roman tik tikverslawing tronkgangsters
Publisher: Human & Rousseau
Published: Aug 4, 2013
Description:
In ’n arm gemeenskap waar tik toenemend verwoesting en hartseer veroorsaak, vra drie ma’s al hoe meer wanhopig: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Maria verloor eers haar man en daarna haar seun. Ook haar suster, Stienie, en hul buurvrou Bettie moet magteloos toekyk hoe hierdie nuwe plaag hul lewens en huise indring, hulle vasketting aan hul uitsiglose omstandighede. Teenoor die sukkelende bestaan en swaarkry van dié drie gesinne word die luukse en gewetenlose bestaan gestel van die bendeleier Dolf Pistoors, die Groot Beer. Maar daar is wel een man wat hom beywer om die euwel te beveg en hom skaar aan die kant van die vroue, kaptein Wielieboy Mathabola. ’n Onthutsende roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself en sy stryd om geregtigheid. Wat in die media slegs koerantberigte is, kry onrusbarende gestalte in Phillips se outentieke uitbeelding.