Language: Afrikaans
Afrikaans Biographies & Memoirs Charné Kemp Christelle Steenkamp Deon Steenkamp Don Steenkamp Foreign Languages Gesinsmoord Griekwastad Hofsaak Marthella Steenkamp Other Languages Plaasmoord Polisie ondersoek True Crime Volksblad misdaad moord plaasaanval verkragting
Publisher: Tafelberg
Published: Apr 14, 2014
Description:
Dit was die moorde wat Suid-Afrika in 2012 geskok het.
Laat een middag in die slaapdorpie van Griekwastad versprei die nuus soos ’n veldbrand: daar was 'n moord by die Steenkamp-plaas. Deon, Christel en die jong dogter Marthella is vermoor. Klein Don is ongeskonde.
Die dorp is vir eers in skok. Verdagtes word gesoek en boere vorm kommandos om te soek vir die voortvlugtendes.
Maar soos die stof gaan lê, vorm 'n ander prentjie. 'n Jong, wit seun word verdink van die moord. Hy word aangekla. En so skeur Griekwastad in twee: die wat glo dat die jong seun wel kon moord pleeg, en die wat glo dat die polisie fout gemaak het.
Sy vertel hier die storie van Don Steenkamp en die familietragedie wat op die Steenkamps se Naauwhoek-plaas afgespeel het.
About the Author
Charne Kemp is 'n senior joernalis by die Kimberley kantoor van die koerant Volksblad, en sy kén die wêreld en die mense van Griekwastad. Sy was een van die eerstes op die toneel van die tragedie. Sy het 'n naam gemaak vir haarself in die Afrikaanse media deur haar werk vir verskeie publikasies soos Rooi Rose, Beeld, Insig, and Sarie.